Die Kinderfonds

DIE KINDERFONDS

“Jy het die mag om ‘n kind te laat lag!
Gee ‘n bydrae en maak ‘n verskil vandag.”

Die Kinderfonds samel geld in vir kinders in nood. 

——————————          ——————————

Die Kinderfonds is geregistreer as ‘n publieke weldaadsorganisasie (PBO) en mag Art 18A kwitansies uitreik vir belastingafslag.

——————————          ——————————

Die Kinderfonds is ‘n onafhanklike, nie-winsgewende organisasie (NPO) en openbare weldaadorganisasie (PBO). Die Fonds is in 1977 gestig en streef daarna om kinders in nood te help deur spesifiek te fokus op programme wat hulle ontwikkel na liggaam, siel en gees.

Dit is maklik om 'n bydrae te maak!

Betaal Die Kinderfonds per EFT of met PayShap

Die Kinderfonds bankbesonderhede:

ABSA, Tjekrekening 2840157329, gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

OF

Betaal sonder ’n bankrekeningnommer met Payshap, beskikbaar op jou banktoepassing. Kies Payshap as betaalmetode en gebruik Die Kinderfonds se Payshap ID: 0614794791 om betaling te maak, dis maklik en die betaling is onmiddellik.

Gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA OTM en kies kaartlose transaksies.  Moenie betalings binne die bank by ‘n kassier doen nie, die bankfooie is baie hoog.  OTM-transaksies is gratis.

Betaal met jou banktoepassing

Skandeer die QR-kode hieronder met jou banktoepassing se skandeerfunksie.

Hiermee die skakel vir kaart betalings: Kaartbetalings: https://pos.snapscan.io/qr/WCSC4131 of gebruik die QR-kode (aangeheg) vir kaartbetalings.

Of  Laai die Snapscan-toepassing af op jou mobiele toestel, dis ‘n gratis, veilige toepassing van Standard Bank.

Jy kan herhalende betalings opstel met Snapscan indien jy elke maand ‘n donasie wil gee.  Dit werk soos ‘n debietorder en gaan dan so gereeld as wat jy wil outomaties van jou rekening af.  Jy kan dit ook enige tyd kanselleer, die beheer is in jou hande.

KOMPETISIE

Wat is vanjaar op die spel?

  •  R200,000 of ’n Toyota Vitz. 

Die wenner sal kan kies tussen die motor en R200,000.

  • ‘n Ekstra prys van R20,000 is ook op die spel as die totaal van jou bydraes oor die tydperk vanaf April tot 7 November minstens R1800 is.

Neem kennis: Jy kan die bedrag eenmalig skenk, of maandeliks bydraes gee, of enige bedrag skenk so gereeld as jy wil, solank die totaal van jou bydraes teen 7 November, R1800 of meer is.

  • Bonuspryse:  Een keer per maand is daar ook ‘n bonusprys wat gewen kan word. Inligting daaroor sal op RSG 100-104fm uitgesaai word en in Die Papier gepubliseer word.

Hou ook Die Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting:  (https://www.facebook.com/profile.php?id=100066773388854&sk=grid)

Die projek begin 30 April en sluit 7 November. 

Die trekking vind plaas op 19 November.

Wenners sal telefonies gekontak word voor die aankondiging op RSG en in die media plaasvind.