Wat is vanjaar op die spel?
- R200,000 of ’n Toyota Vitz.
Die wenner sal kan kies tussen die motor en R200,000.
- ‘n Ekstra prys van R20,000 is ook op die spel as die totaal van jou bydraes oor die tydperk vanaf April tot 7 November minstens R1800 is.
Neem kennis: Jy kan die bedrag eenmalig skenk, of maandeliks bydraes gee, of enige bedrag skenk so gereeld as jy wil, solank die totaal van jou bydraes teen 7 November, R1800 of meer is.
- Bonuspryse: Een keer per maand is daar ook ‘n bonusprys wat gewen kan word. Inligting daaroor sal op RSG 100-104fm uitgesaai word en in Die Papier gepubliseer word.
Hou ook Die Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting: (https://www.facebook.com/profile.php?id=100066773388854&sk=grid)
Die projek begin 30 April en sluit 7 November.
Die trekking vind plaas op 19 November.
Wenners sal telefonies gekontak word voor die aankondiging op RSG en in die media plaasvind.