KOMPETISIE
KOMPETISIE
KOMPETISIE
KOMPETISIE
>>>>>>
Die Kinderfonds werk saam met die nuwe Afrikaanse gedrukte koerant, Die Papier, wat elke Vrydag verskyn en landwyd versprei word.
Die Papier is beskikbaar in die meeste winkels wat koerante verkoop en kan ook aanlyn gelees word
by www.diepapier.co.za
Die Papier publiseer weekliks artikels oor Die Kinderfonds. Hieronder is skakels na artikels wat in Die Papier verskyn het.
• Die Kinderfonds: Kwesbare kinders verdien hoop | Die Papier
• Die Kinderfonds: Rata red kinders van verwaarlosing | Die Papier
• Die Kinderfonds: Vroeë ingryping bou sterker grondslag | Die Papier
• Kinderfonds: Echo Jeugontwikkeling gee tieners ’n tweede kans | Die Papier
• Die Kinderfonds: Huis Andrew Murray wys hoop en herstel ís moontlik | Die Papier
Vir plasings op sosiale media soek: #kinderfonds
Wat is vanjaar op die spel?
- R200,000 of ’n Toyota Vitz.
Die wenner sal kan kies tussen die motor en R200,000.
- ‘n Ekstra prys van R20,000 is ook op die spel as die totaal van jou bydraes oor die tydperk vanaf April tot 7 November minstens R1800 is.
Neem kennis: Jy kan die bedrag eenmalig skenk, of maandeliks bydraes gee, of enige bedrag skenk so gereeld as jy wil, solank die totaal van jou bydraes teen 7 November, R1800 of meer is.
- Bonuspryse: Een keer per maand is daar ook ‘n bonusprys wat gewen kan word. Inligting daaroor sal op RSG 100-104fm uitgesaai word en in Die Papier gepubliseer word.
Hou ook Die Kinderfonds se Facebooklad dop vir inligting: (https://www.facebook.com/profile.php?id=100066773388854&sk=grid)
Die projek begin 30 April en sluit 7 November.
Die trekking vind plaas op 19 November.
Wenners sal telefonies gekontak word voor die aankondiging op RSG en in die media plaasvind.
Hoe gemaak om inskrywings te kry?
Dis baie maklik, al wat jy moet doen om inskrywings te kry is om ’n donasie te maak aan Die Kinderfonds.
Jou selfoonnommer is die verwysing vir jou inskrywings.
Gebruik enige van die betaalopsies hieronder om jou donasie te maak, gebruik in alle gevalle jou selfoonnommer as die verwysing (voeg jou selfoonnommer eerste in en daarna jou naam en van) en jy is outomaties ingeskryf.
Jy sal binne drie (3) werksdae ‘n sms of whatsapp-boodskap van Die Kinderfonds (selfoonnr. 0614794791) ontvang, wat jou inskrywings sal bevestig.
◙ Met ‘n donasie van R50 kry jy een inskrywing, twee vir R100, vier vir R200 ens.
◙ Spesiale aanbod: Kry een ekstra gratis inskrywing as jy R250 skenk, jy kry dus 6 inskrywings vir R250 in plaas van 5.
◙ As jy elke maand ‘n donasie gee, sal jy outomaties ook in elke maand se bonusprystrekking wees.
Die bonuspryse is hoofsaaklik ekstra kontantpryse (R5000) wat in ‘n bepaalde maand gewen kan word.
Betalingsbesonderhede:
- Betaal per EFT: Die Kinderfonds, ABSA, tjekrekeningnr. 2840 157 329, takkode: 632005, verwysing: jou selfoonnommer, naam en van. (Jou selfoonnommer moet eerste op die verwysing wees).
- Betaal maklik en vinning met PayShap: Dit is funksie wat beskikbaar is op jou banktoepassing waarmee jy betaling doen sonder ’n bankrekeningnommer, jy gebruik net die begunstigde se ShapID.
Die Kinderfonds se ShapID is 0614794791. Verwysing: jou selfoonnommer + jou naam
(jou selfoonnommer moet eerste op die verwysing wees).
- Indien jy kontant wil inbetaal, doen dit slegs by ‘n ABSA-OTM (ATM).
Kies kaartlose transaksies en volg die maklike aanwysings.
Gebruik jou selfoonnommer eerste op die verwysing, daarna jou naam en van.
- Debiet- en kredietkaart betalings:
Volg die skakel https://pos.snapscan.io/qr/WCSC4131 of Skandeer die QR-kode hieronder met jou banktoepassing en gebruik jou selfoonnommer + jou naam en van as verwysing (selfoonnommer moet 1ste op verwysing wees).
Of: Laai SnapScan af op jou foon of tablet. Dit is ‘n veilige, kaartlose betaalmetode van Standard Bank. Volg die maklike instruksies om jou krediet- of debietkaart te koppel, kies ‘n PIN en skandeer die Snapscan kode hieronder om jou donasie te maak, maklik en vinnig!
Jy kan soveel kere inskryf as wat jy wil, daar is geen beperking nie.
Hoe meer donasies jy maak, hoe groter is jou kanse om te wen!
Gee ‘n donasie per sms:
Neem kennis dat Die Kinderfonds net omtrent R16 per sms ontvang vanaf die netwerke, maar as dit die enigste manier is waarop jy kan skenk en deelneem, is ons dankbaar daarvoor.
- Sms KINDERS na 41511 (R30 / sms), omdat die inskrywingsfooi R50 per inskrywing is, moet jy minstens 2 sms’e stuur om in ag geneem te word vir die trekking.
As jy nie per EFT of Snapscan ‘n bydrae kan maak nie, gebruik dan gerus hierdie metode om jou donasie te stuur.
Neem kennis: Die spesiale aanbieding en die R20,000 kontantprys genoem hierbo geld nie vir sms inskrywings nie.
Die wenners sal telefonies gekontak en op RSG en in Die Papier aangekondig word.
Wenners sal ook op Kinderfonds se Facebook-blad (https://www.facebook.com/profile.php?id=100066773388854&sk=grid) aangekondig word.
Vir navrae kontak Die Kinderfonds op t: 061 4794791 of stuur ‘n epos na: kinderfonds@proton.me
Reëls:
• Geen werknemers van Die Kinderfonds, Die Papier en RSG en hul direkte huisgesinslede mag aan die kompetsie
deelneem nie;
- Alle beslissings is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie;
- Die wenner sal kan kies tussen R200,000 kontant of ’n Toyota Vitz van ongeveer dieselfde waarde.
- Pryswenners sal met ‘n ewekansige rekenaartrekking aangewys word;
- Pryswenners sal telefonies in kennis gestel word en daarna in die media aangekondig word;
- Die oorhandiging van die prys sal in Johannesburg plaasvind;
- Die wenner van die motor moet op eie koste na Johannesburg reis om die prys in ontvangs te neem.
- Die registrasie van die voertuig is nie ingesluit in by die prys nie.
Rules:
• Staff members of Die Kinderfonds, Die Paier and RSG and their direct family members, whom stay with them, may not participate in this competition;
- All decisions are final and no correspondence will be entered into;
- The winner will be able to choose between R200K and a Toyota Vitz of approximately the same value
- Prize winners will be randomly chosen with an electronic draw;
• Winners will be notified telephonically, and will then be announced in the media and on Die Kinderfonds Facebook-page; - The handover of prizes will take place in Johannesburg
- The winner of the motor vehicle will have to travel to Johannesburg at his / her own cost.
- Photo’s / visuals of prizes are for illustration purposes only.
- The registration of the vehicle is not included in the prize.
Die Kinderfonds samel die hele jaar lank geld in. Ons finansiële jaar begin 1 April en duur tot 31 Maart. Gedurende Maart word al die geld wat oor die jaar ingesamel is, uitbetaal aan welsynsorganisasies wat ontwikkelingsprojekte aanbied vir kinders in nood.